Z PR has been assisting PC Bruwer & Partners with their website, design-related work and marketing consultations for more than 15 years.

Te veel Suid-Afrikaners volg die raad van vriende en familie eerder as dié van gekwalifiseerde professionele persone.

“Gaan bespreek jou finansiële behoeftes met jou ouditeur, prokureur of iemand wat oor die nodige kennis beskik. Dit sal jou ook loon om ’n afspraak met jou ouditeur of finansiële kundige te maak vir hulp met die voltooiing van jou inkomstebelastingopgawes.”

‘n Mens hoor dikwels hoe mense kla dat hulle nie met hulle geld kan uitkom nie en dat hulle alewig in die skuld is. Tog verdien baie van hierdie mense ‘n redelike goeie salaris, maar hulle weet nie hoe om met hulle geld te werk nie, sê Connie Bruwer, ‘n geoktrooieerde rekenmeester.

“Finansiële dissipline is belangrik. Die beste voorneme wat ‘n mens kan hê, is om minder skuld te maak en op jou uitgawes te besnoei sodat jy nie kort voor lank in ‘n groot penarie beland nie. Begroot is die woord, sê Connie.  Hy gee die volgende raad:

Kry ‘n boek waarin jy al jou uitgawes neerskryf en kyk aan die einde van die maand daarna. Nou sal jy maklik kan agterkom hoeveel jy moet begroot vir kos, klere, ontspanning, telefoon, petrol en al die ander dinge wat ‘n mens nodig het. As jy nou begroot en besnoei, kan jy vanjaar teen Kersfees ‘n heerlike fees hou sonder om agterna weer in die knyp te wees (jy kan ook op ‘n rekenaar als aanteken en byhou).

Mense moet ook pasop vir kredietkaarte en ander vorms van skuld maak. As jy jou kredietkaart gaan gebruik, gaan jy uiteindelik veel meer betaal vanweë die hoë rente. Baie mense het meer as een kredietkaart, of ‘n krediet-en ‘n petrolkaart. Indien jy nie jou kaartrekeninge kan betaal nie, selfs nie eens deur jou spaargeld te gebruik nie, is dit tyd dat jy jou geldsake weer bekyk. Laat liewer al die skuld oorplaas na dié kredietkaart waarvan die rentekoers die laagste is. Jy betaal dus nou net een bedrag per maand om jou verskillende rekeninge te vereffen (wat jou al klaar beter sal laat voel) en jy het boonop die goedkoopste een gekies. Raak ontslae van jou kredietkaart indien jy jou nie kan dissiplineer om net ‘n sekere bedrag per maand uit te gee nie. Die rente wat ‘n mens op kredietkaartaankope betaal, is bloedgeld.

Ken jou beperkings: Dit is dikwels die geval dat mense bo hul vermoëns probeer leef, net om nie by hul bure of vriende af te steek nie. Het jy regtig daardie duur, nuwe motor nodig of kan jy vir nog ‘n paar jaar met jou bestaande motor regkom? Is al daardie luukshede werklik nodig. Wie wil jy dan graag beïndruk? Is al daardie luukshede die moeite werd as jy dan nagte gaan wakkerlê van al die skuld wat jy gemaak het en jare gaan sukkel om dit afbetaal te kry?

Geriefskaarte: Kyk ook mooi of die gerieflikheid van byvoorbeeld ‘n garagekaart werklik die moeite werd is. Byvoorbeeld: as jy ‘n garagekaart het, betaal jy heel waarskynlik R250 per jaar vir die voorreg, sowel as ongeveer R10 per keer wat jy dit gebruik. Jy kan soveel as R500 ‘n jaar bespaar deur nie ‘n garagekaart te hê nie.

Vergelyk jou opsies vir mediese fondse, versekering, lewensversekering, gimnasiumkontrakte, selfoonkontrakte ensovoorts. Kry kwotasies by elkeen en vergelyk die voordele en kostes daaraan verbonde.  Vergelyk jou opsies by motor-en huishoudelike versekering, lewensversekering, mediese fonds, gimnasiumlidmaatskappe, selfoonkontrakte, huis-en tuinskoonmaakdienste.  Deur die beste opsie in elke geval te kies kan jy baie geld spaar.

Is jou testament en boedelbeplanning in orde.  Indien nie, gaan spreek ‘n kenner om jou te help. Betaal meer af op jou verband betaling as wat jou paaiement is.

Het jy hulp nodig?
Kontak PC Bruwer en Vennote. Ons is ‘n klein rekenmeester- en oudit firma wat gebaseer is in die Vrystaatse dorp, Bloemfontein, Suid-Afrika.

Ons kan met trots sê dat ons al in bedryf staan vanaf 1973 en lewer ‘n verskeidenheid dienste aan ‘n groot reeks kliënte regoor ons pragtige land.

Ons firma is ook ingelyf en staan bekend as Bruwer Theron Incorporated handeldrywend as PC Bruwer en Vennote (1998/007838/21). Neem asseblief jou tyd en gaan rustig deur ons webwerf. Indien u enige hulp of navrae het, kontak ons gerus.

Webwerf:  Tuis – PC Bruwer & Partners / Vennote